Pannekoek in die winter is meer as net ’n lekkerny—dit is deel van ons kultuur, ’n ware tradisie wat generasies saambind. Kom smul saam by LKM se Pannekoek Fees 5 Julie vanaf 09.00 - 15.00 ?
Of dit nou oumas is wat pannekoek met kaneelsuiker rol of kleingoed wat die eerste hap met groot oë geniet, daar is iets tydloos en troosryk daaraan. Van tradisionele pannekoeke tot kreatiewe vulsels, stap deur die mark, ruik die geur van vars gebakte pannekoek en kuier saam met jou gemeenskap!
? Lekker Lewendige musiek vir die dag
Gift Matjila vanaf 09:30
Henri Alant vanaf 11:30
? Pret aktiwiteite vir die kinders in die groot, veilige speelarea
Trekker en Quad treintjie & Perde ritte, Springkastele en Trapkarre
?️ Plaasvars produkte, handgemaakte items, decor en meer!
Pannekoek is goud! ? ’n Tradisie wat oud en jonk bly geniet! Bring die gesin en kom kuier saam!!
?Apache ave, agter Obaro. N4 Wonderboom Lughawe afrit. Vind ons ook op google maps Lavender Kontrei Mark
You may also like the following
: