Jannie du Toit en sy ensemble voer sy splinternuwe album: OESJAAR 2018 op. Splinternuwe liedjies wat in 2018 geskryf is en as bonus ook die immergroen 'n Liedjie vir jou. Die nuwe liedjies sluit in 'n huldeblyk aan Christa Steyn saam met wie hy vir 25 jaar opgetree het asook 'n liefdeslied vir sy vrou Therina met wie hy verlede jaar getroud is.
Hy tree op saam met Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon).
Die verhoogproduksie bevat al die liedjies op die album wat te koop sal wees..
Kaartjies kos R 220 en sluit n ligte middagete in en begin om 12:30
Kaartjies van R 170 vir slegs die vertoning vanaf 14:15
Middag ete: Groente en beef stirfry op gemengde rys.
Asyn pudding met vla na die konsert.
Cash bar, Credit Card facilities, Safe parking, and wheelchair friendly.
Whatsapp Gideon on 083 306 2830 with 'Jannie', your name, surname, number of guests for lunch and number of guests for the show..