HERMAN VAN DEN BERG EN EMMA BEKKER HERMAN VAN DEN BERG IS N TOONSETTER
VAN WONDERSKOON GEDIGTE, komponis, liedjieskrywer en sanger. Hy tree
gereeld op in die beste teaters en raak talle luisteraars met die
diepte van sy woorde, kreatiwiteit van sy musiek en die lekker luister
gehalte daarvan. Hy deel die verhoog met Emma BEKKER, wat in 2015 met
haar bundel 'Skryn' gedebuteer het. Met die fees van Afrikaanse musiek
en gedigte in gedagte, bedien ek n eg Afrikaanse ete. Spyskaart: Hors
d'oeuvre: Roosterbrood met kaassous Voorgereg: Tamatie bredie met
papskywe Hoofgereg: Bobotie en geelrys, gemmer soetpatats en n koper
pennie slaai Nagereg: Gebakte sago pudding met vla. Agtergrond musiek
deur Riaan Eloff Koste: R 130 pp. vir die konsert om 14:30. R 100 pp.
vir die ete alleen 12:30 R 200 vir die konsert met die ete vanaf 12:30
(R 30 afslag) Vegetariërs kan Gideon op 083 306 2830 kontak vir die
spyskaart. Kontant kroeg, veilige parkering, en krediet kaart
fasiliteite beskikbaar. Rolstoel toegangklik. Whatsapp Gideon op 083
306 2830 met jou naam, van, email en hoeveelheid gaste en jy sal jou
kaartjies via email ontvang. Na die konsert is daar n aanbieding deur
Spraaksaam waartydens digters van hul gedigte voorlees. Dit word gelei
deur Emma BEKKER WAT VAN HAAR GEDIGTE SAL VOORLEES. Bespreking kan
gedoen word op Quicket
https://www.quicket.co.za/events/37177-spraaksaam-lucit/
[https://www.quicket.co.za/events/37177-spraaksaam-lucit/] by of op
die blad https://www.facebook.com/events/1115315981905202/
[https://www.facebook.com/events/1115315981905202/] of by Mariette 072
744 2027
211
Views
05/02/2018 Last update